Marciel Hopkins kom kuier in die Suide!
13 Junie 2026
Ja, jy het reg gelees! Ons bring die inspirerende Marciel en haar wysheid tot op jou voorstoep.
Marciel kom deel 'n stukkie van haar hart en ervaring oor liggaamsaanvaarding, selfvertroue en self-liefde. Gebruik hierdie geleentheid as 'n waardevolle kans om geïnspireer en bemagtig te word om jouself met trots en selfrespek te aanvaar.
Jy wil dit nie misloop nie!
Jou kaartjie van N$ 650.00 sluit nie net wysheid in nie, maar 'n lekker peuselbord, sjampanje, stalletjies en as jy gelukkig is wen jy dalk die prystrekking.
Waar: Africa Safari Lodge (Mariental) | Tyd: 10H00 | Verblyf is beskikbaar op Africa Safari Lodge en kan direk geboek word by [email protected]
Wees selfsugtig en doen iets lekker vir jouself.
Kaartjies is beperk so bespreek so gou as moontlik om teleurstelling te vermy.
13 Junie 2026 - Ons sien jou daar!