NG Kerk Pionerspark Hou BASAR

Date
Friday, 17.04.2026
Time
17:00
Venue
NG Kerk Pionierspark
Region
Khomas (Windhoek)
Town
Windhoek

Ons hou weer BASAAR en jy is uitgenooi!
17 & 18 April 2026 – merk dit solank in jou kop én jou hart.
Vrydag, 17 April
Kom geniet saam met ons ’n lekker spitskaap-ete — dis daai kuier waar jy nie wil huis toe gaan nie.
Saterdag, 18 April
Basaar + vleisverkope — ’n dag vol lag, gesels, goeie kos en mense wat soos familie voel �
En soos met enige mooi gemeenskapsding… bou ons dit saam.
Ons het nog ’n paar hande (en harte) nodig:
• Skaap
• Wildsvleis
• Wit olifant items (daai goed wat nog mooi is, maar net nie meer plek in jou huis het nie)
As jy iets kan bydra — groot of klein — dit maak regtig ’n verskil.
Kom kuier. Kom eet. Kom wees deel.
En as jy kan help… ons sal dit met oop arms ontvang
Category
Religion
Categories
Categories
Specifics
Registration
Who can benefit from your special?
Available on the following days
Organiser
Registration