Op Saterdag 2 Mei 2026 hou ons Boeremark! Ja.. dis langnaweek! Bly jy met Jan-Tuisbly-se-karretjie? (Ons weet brandstof-pryse is mos maar hoog) Dan is die Boeremark net die plek om te wees.... Sommer maklik en sentraal by die Windhoek se Skougronde - Bell straat ingang.
Kom kuier tusse 08:00 en 13:00 en ondersteun ons getroue en hardwerkende uitstallers.
Daar is heerlike kos, iets om te drink, goed vir die huis. EN onthou -Moedersdag is om die draai! Kom kry daardie unieke geskenk vir die spesiale vrou in jou lewe!
Saterdag, 2 Mei vanaf 08:00 - 13:00 The Windhoek Showgrounds - Bell straat ingang.
Die brandstofpryse gaan dalk op, maar ons ingang gelde bly die bekostigbaar! @N$5 per volwassene, en kinders en pensioenarisse gratis is dit net die plek om te wees.
Sien jou daar! "Come rain or shine, holiday or not..." ons is daar
Vir meer inligting - WhatsApp 081 277 8766
Windhoek Se Eie Boeremark / Windhoek Farmers Market- Vir die gemeenskap - Deur die Gemeenskap